In die Here is ons lig. Koop die tyd uit

  • Diens: 2015-09-27 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Efesiërs 5:6-20
  • Teksvers: Efesiërs 5:8,9

Preekskets

Tyd is kosbaar. Ons leef in tyd – trouens ons hele lewe gaan om tyd. Salomo sê dat elke ding sy bepaalde tyd het. Baie van ons se programme is so vol dat ons nie tyd het om nog iets meer te doen nie.

Paulus leer dat ons kinders van die lig is en daarom in die Lig moet lewe. Uit die lig kom alles voort wat :
• Goed en reg en waar is.
• Vir die Here aanneemlik is.
Die opdrag aan ons is om die tyd uit te koop. Dus om die beste gebruik te maak van elke geleentheid. Christus self sê dat Hy die Lig vir die wêreld is. Niemand wat in Hom glo kan in die duisternis wandel nie.