Christus roep elke gelowige op tot regspraak

  • Diens: 2015-09-20 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Eksodus 23:1-8
  • Teksvers: Eksodus 23:6

Preekskets

As ‘n mens die negende gebod se betekenis wil verskraal moet jy dit verstaan as dat dit bloot sou beteken: jy mag nie lieg nie. Ons Belydenis het in die verklaring van die negende gebod dit ook baie duidelik gemaak dat hierdie gebod oor baie meer gaan as leuens. Hierdie gebod gaan oor ons liefde vir die waarheid. Die negende gebod begin by regsake in die hof. Jy mag nie valse getuienis gee nie. Anders gesê: ‘n mens mag nooit wat waar is vals maak en wat vals is waar maak nie. Dit word duidelik vanuit ons gelese gedeelte in Eks 23. Die waarheid mag onder geen omstandighede en vir geen rede verdraai word nie. Die gebod leer ons en gebied ons om die waarheid lief te hê. Dit kan nie anders nie, want God is getrou en sy Seun is die waarheid. Aangesien ek in Christus is, is ek ook ʼn kind van die lig wat die waarheid liefhet. Daarom gebruik die Heilige Gees die Woord om by my ‘n liefde vir die waarheid te kweek. Die hoogtepunt van ons getuienis vir die waarheid is dat God sy enigste Seun gestuur het na hierdie wêreld. Die kragtigste manier waarop ons die leuen beveg is om Jesus Christus as Verlosser te verkondig wat die vader van die leuen oorwin het aan die kruishout!