Jesus en sy dissipels sing

Preekskets

Sang is ʼn baie belangrike deel van menswees en ook van ons godsdiens. In ons diens aan God moet ons tot Sy eer sing. Daarom is daar niks beter om Hom te vereer as met die Psalms wat Hy deur die Gees vir ons gegee het nie.

Markus is die enigste evangelis wat leer dat Jesus en sy dissipels gesing het. Die geleentheid waar dit gebeur het met die viering van die Pasga en die instelling van die nagmaal. Die gebruik was om met Pasga, wanneer die volk teruggedink het aan hoe God hulle uit Egipte gered het, die hallel Psalms te sing.

  • Hallel of lospsalms. Halleluja - loof die Here. Dit is Psalms 113 tot 118.
  • Singende loof hulle die Here vir Sy groot dade van troue en liefde.
  • Met Nagmaal sing ons gewoonlik ook uit die hallel.
  • Ons loof die Here vir die grootste Gawe van Sy liefde vir ons toe Hy Sy Seun gestuur het om in ons plek te sterf (Joh. 3:16).
  • Christus sing die lofsang in die tyd van Sy grootste nood op aarde. In die tuin van Getsemane sê Hy dat Hy doodsbenoud voel. En dan kniel Hy om te bid.
  • Sy dodesang is ʼn triomflied. Hy gaan opstaan uit die dood.
  • Gelowiges kan selfs in die swartste nag bly sing. Christus het die dood oorwin. Hy het opgestaan.

Kom loof die Here vanaand aan die tafel.