Rentmeesters in ‘n wêreld wat aan God behoort!

  • Diens: 2015-08-30 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Matteus 6:19-34; 1 Korinthiërs 3:21-4:5
  • Teksvers: Matteus 6:31-33; HK Sondag 42

Preekskets

Werk ons om te eet of eet ons om te werk? Wat kom eerste? Eers werk, dan eet of eers eet en dan werk? Anders gevra: is die mens soos ʼn parasiet wat die aarde gebruik en leeg suig om te kan bestaan of is die mens ʼn bewerker en bewaker van die aarde? Is die mens plunderaar of  rentmeester? Dief of medewerker? As ons werk om te kan eet dan is ons plunderaars, parasiete, gebruikers van God se skepping. As ons werk sodat ons kan leef en vergader dan het God se skepping vir ons ʼn gebruiksartikel geword, ʼn middel tot ʼn doel. Dan steel ons. ʼn Gebruiker is ʼn dief. ʼn Gebruiker is ʼn oortreder van die agste gebod. Die tragiek is dat die mensdom met sy verbruikerskultuur eintlik ‘n klomp diewe geword het. Daarteenoor staan die rentmeesterskap van God se kinders wat sy koninkryk soek. Vanaand wil ons in die prediking die agste gebod in die lig hiervan behandel.