Die Kneg van die Here se optrede met die geknakte riet en dowwe lamppit

  • Diens: 2015-08-23 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jesaja 42:1-9
  • Teksvers: Jesaja 42:1,3,5,6

Preekskets

As iets onherstelbaar breek, dan gooi jy dit weg. Dit is nie meer nuttig en bruikbaar nie. As ‘n vrugteboom nie vrugte dra nie, word hy uitgehaal. 'n Riet wat geknak/gebreek is en ‘n lamppit wat dof brand, word egter nie weggegooi nie.

Hierdie beelde wys vir ons hoe die Kneg van die Here, Jesus Christus, met gebroke mense werk. Dit wys God se liefde en empatie vir sondaars in Christus. Hierdie hoofstuk is vol van verbondstaal en begrippe.

  • Uitverkies en Uitverkorene.
  • Vol van die Gees.
  • Verbond.
  • Hy is die Skepper en onderhouer.
  • Ek is die Here.

Onthou dit oral waar jy hierdie week gaan wees en wys jou dankbaarheid vir die redding in Christus.