Die Woord van God is lewend en kragtig

  • Diens: 2015-08-16 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Lukas 24:13-35
  • Teksvers: Lukas 24:27,44

Preekskets

Mense hou van indrukwekkende gebeure. Daar word graag oor die sensasionele dinge gepraat. Baie mense hou van kerke waar “dinge gebeur”, waar jy kan sien en beleef. Daarsonder, word beweer, is die kerk dood.

Kom ons kyk wat Christus geleer en gedoen het.

  • Hy het wonders gedoen.
  • Die wonders het altyd ook 'n dieper geestelike nood aangespreek.
  • Hy het die mense geleer om die Woord, in sy geheel, te verstaan en uit te leef.
  • Hy lê die Wet van Moses, die profete en psalms vir hulle uit.
  • Hy verduidelik wat in die Ou Testament oor Hom geskryf is. So leer Hy hulle oor die betekenis van Sy versoeningswerk.
  • Hy roep op tot geloof. Vers 25.
  • God se beloftes is waar Hy doen wat Hy sê.
  • Christus verkondig die Woord. Hy is die Woord wat vlees geword het.

Dit is die taak van die kerk. Vandag nog. Verkondig die enigste Redder, die enigste Weg tot saligheid en leef in die vertroue op God se beloftes.