Gesterf om te red

  • Diens: 2015-07-26 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Daniël 5:1-30; Matteus 27:45-53
  • Teksvers: Daniël 5:21b-23; Matteus 27:46,50

Preekskets

'n Mens raak vinnig gewoond aan dinge en dan het dit nie meer dieselfde effek op jou lewe nie. So is dit ook soms met die Woord van die Here in ons lewens. Ons hoor dit elke Sondag, lees dit daagliks en tog gaan daar soveel van die inhoud by ons verby.

In die geskiedenis van Koning Belsasar sien ons dieselfde. Ten spyte van al die waarskuwings deur Daniël, luister hy nie. Hy het hom nie verootmoedig nie (v22), hy het verwaand opgetree teenoor die Here en afgode gedien. Verder het hy ook nie die Here geëer nie.

Van Belsasar is geskryf; “Getel, getel, geweeg en verdeel.” Daardie nag is hy vermoor.

Ons lees in Matteus van ‘n ander Man, Jesus Christus, wat wreed doodgemaak is. Onskuldig. Hy roep uit: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Sodat ons nooit ooit weer deur God verlaat sal word nie.