Christus, ons Priester-Koning, tree aanhoudend vir ons in

  • Diens: 2015-07-19 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Genesis 14:17-20; Psalm 110:1-7; Hebreërs 7:1-28
  • Teksvers: Hebreërs 7:24,25

Preekskets

'n Mens kan maklik oor die persoon van Melgisedek lees in Genesis 14. Wanneer ’n mens by Psalm 110 kom, lees ons weer net baie kortliks van hierdie persoon. Daar lees ons van die priesterorde van Melgisedek. In Hebreërs 7 lees ons nou weer van hierdie man aan wie die Ou Testament vier verse afstaan. In Hebreërs 7 lees ons egter iets merkwaardigs van hom. Dit maak dat 'n mens onmiddelik begin wonder wie hierdie man nou eintlik was. Buiten die Here, is hy die enigste een waarvan ons in die Bybel lees dat hy sonder begin van dae of lewenseinde was. Sonder vader en sonder moeder, sonder geslagsregister. Dis dan dat 'n mens werklik begin wonder: wat is die belang van hierdie persoon en wie was hy gewees? Waarom staan die skrywer van Hebreërs 'n hele hoofstuk af aan Melgisedek? Dit is hierdie vraag wat ons in die prediking vannaand wil behandel. Wie was Melgisedek en wat beteken die priesterorde van Melgisedek.