Neem die wapens van die lig op tot eer van God

  • Diens: 2015-06-14 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Romeine 13:8-14
  • Teksvers: Romeine 13:12

Preekskets

Mens werk gewoonlik in die dag en snags rus jy. Paulus roep ons hier op om te werk omdat dit amper dag is. Hy praat van dag en nag – lig en duisternis. Met die beeld word ons geleer dat daar 'n groot verskil tussen dinge is. Verskil soos dag by nag.

Twee dinge word bymekaar gebring:

  • Die mens se lewenstoestand – dag of nag, lig (redding) of duisternis (verderf).
  • Die dag van Christus se wederkoms. Hy wat die Lig vir die wêreld.

Die nag het ver gevorder, dit is amper dag. Die koms van Christus, die finale oorwinning oor die sonde, is naby. Daarom mag die duisternis nie oor ons heers nie en moet ons die werk van die duisternis aflê. Ons moet in die liefde wandel. (Vers 12) Ons kan dit doen alleen met die wapens van die lig. Die Heilige Gees werk in ons die krag om dit te kan doen.

Gelowiges kan en moet lewe soos volgelinge van Christus.