Die impak van die Woord op die lewe van mense

Preekskets

Die gelykenis van die saaier is 'n baie bekende gelykenis.

Toe Jesus die Evangelie volgens hierdie gelykenis verkondig het, was hy volgens menslike maatstawwe op die toppunt van Sy sukses as prediker.

In die gelykenis wil Jesus dit tuisbring dat die Evangelie deur die mens verdring word deur dit op verskillende maniere te hanteer.

Sommige mense hoor die Woord—in die erediens, Bybelstudies, en selfs by persoonlike Bybel; lees—maar die inhoud het geen invloed op hulle nie. Ander hoor dit en is selfs opgewonde oor die inhoud en moontlikhede daar van maar na ‘n kort tydjie is daar ander dinge wat hul aandag verg en vergeet hulle van hierdie wonderlike boodskap.

Dan is daar ander wat hoor, dit selfs uitleef, maar so vasgevang raak in die sorge van hierdie wêreld dat hulle versmoor in die probleme en dan so daarop konsentreer dat hulle die Evangelie begin verwaarloos.

Laastens is daar diegene wat groei in die geloof met die aanhoor van die Woord en hulle lewens daarvolgens rig en uitleef.

Waar pas jy in by die aanhoor van die Woord?