Goddelike visitasie / besoek

  • Diens: 2015-06-07 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Openbaring 2:1-7
  • Teksvers: Openbaring 2:7

Preekskets

Hoe lyk Cachet gemeente vir God? Hoe lyk ons, die lidmate , vir God? En dan moet elkeen van ons onsself voor God ondersoek.

Op die oewer van een van, Klein Asië se grootste riviere, aan die kus van die Egeïese See, het die eens beroemde hawestad, Efese, gelê. Die stad was die sogenaamde lig van Asië. 'n Berugte en bekende stad vol bygeloof en afgodery. In hierdie sondige stad het die Here 'n gemeente tot stand gebring. Ongeveer in die jaar 90 nC skryf die Here deur Johannes 'n brief aan die gemeente. Die Here ken elke mens, elke gemeente.

Van Efese sê Hy: Ek ken julle as mense....

  • met 'n onvermoeide ywer
  • met 'n geduldige verdraagsaamheid te midde van vyandskap
  • met 'n ferm optrede teen verkeerde invloede
  • met 'n ywer vir die suiwer leer
  • met 'n sterk afkeur van sedelose losbandigheid.

Maar, julle het julle eerste liefde verlaat.

Christus leer dat ons God bo alles moet liefhê en ons naaste soos onsself.