Christus wat sy kerk vashou laat haar vashou aan die waarheid

  • Diens: 2015-05-31 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Openbaring 1:9-20; 2:18-29
  • Teksvers: Openbaring 2:24,25

Preekskets

Baie mense raak skoon ontsteld as iemand sê dat hy die waarheid het. Wie is jy dan nou om te sê dat jy die waarheid het, sê hulle. Dis mos hoogmoedig, dis mos aanmatigend. Hierdie mense beskou ander wat sê dat hulle die waarheid het as 'n bedreiging vir alle vrede en verdraagsaamheid.

Wie so word fundamentaliste genoem in ons hedendaagse wêreld. Ja selfs baie Christene kan dit nie verdra dat mense sê dat hulle die waarheid het nie. Dit grens vir hulle aan die uiterste vorm van hardnekkigheid en geestelike hoogmoed. Kan ons gemeente sê: ons die waarheid het?

Die kerkgeskiedenis word gekenmerk daardeur hoedat kerk en wêreld vermeng raak met mekaar. Wanneer dit gebeur het die kerk altyd begin twyfel aan die waarheid. Hierdie gemeente in Thiatire is 'n sprekende voorbeeld daarvan. Tog beveel die Here haar: Hou vas wat jy het! Vanaand wil ons in die prediking hierdie opdrag van die Here van naderby beskou.