Man en vrou leef saam vanuit die genade van die lewe

  • Diens: 2015-05-24 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Petrus 3:1-7
  • Teksvers: 1 Petrus 3:7; HK Sondag 41

Preekskets

Die genade van die lewe. Wat is groter as dit in hierdie lewe? Dat ons genade ontvang het. Ons leef en bestaan deur genade. Nou noem die Woord man en vrou mede-erfgename van die genade van die lewe. Die troos dat hulle mede-erfgename is word juis hier in eerste Petrus gegee vir man en vrou binne die huwelik. Dis eers as ons die huwelik en die aard van die huwelik verstaan dat ons die sewende gebod reg kan verstaan. Onthou hoedat ons dit al verskeie kere gehoor het dat die gebooie van God nie net verbied nie, maar ook gebied. Die gebooie sê nie net - jy mag nie, maar sê ook wat jy moet doen. Die gebod van die sewende gebod is onder andere die gehoorsame huwelik. In die prediking wil ons graag let op die betekenis van die huwelik vir die verstaan van die sewende gebod.