Dank God vir al Sy liefde en genade

  • Diens: 2015-05-17 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Lukas 17:11-19
  • Teksvers: Lukas 17:19

Preekskets

Ons is dikwels in ons lewens ondankbaar en kla te midde van baie seëninge uit die hand van die Here. Die hoogtepunt van ondankbaarheid is wanner ons nie ‘n dankbaarheidlewe lei nie. Nie ons dankbaarheid teenoor God wys vir Sy genade en redding in Jesus Christus nie.

In hierdie gebeure kom tien melaatse mans Hom tegemoet.

  • Melaatsheid was ‘n verskriklike siekte. Letterlik is die liggaam besig om te verrot. Vanweë die aansteeklikheid moes melaatses in afsondering leef. Dus liggaamlik en geestelik onrein en verlore.
  • Van die tien mans was een ‘n Samaritaan. Die Jode het die Samaritane as onrein en minderwaardig beskou.
  • In hierdie tien mans se gemeenskaplike nood is hulle aan mekaar gelyk. Die een so verlore soos die ander. Al is jy Jood of Samaritaan.
  • Jesus genees al tien en beveel hulle om na die priesters te gaan sodat hulle rein verklaar kan word.
  • Net een draai om, om dankie te sê. Die Samaritaan.
  • Christus het gekom om sondaars te soek en te red. Ons is almal sondaars. Nie een is beter as die ander nie. Voor die Here is ons almal gelyk.
  • Aan die tafel sit nie beter en slegter mense nie, net begenadigdes.

Nou die vraag: hoe lyk jou dankbaarheid vir al die seëninge en genade uit die hand van die Here? Uiteindelik vir die redding en ewige lewe in Christus? Hoe lyk jou gebedslewe en jou lewe van elke dag?

Christus sê vir die Samaritaan: “Staan op en gaan huistoe. Jou geloof het jou gered.”