Die Here wil hê dat almal tot bekering moet kom

  • Diens: 2015-05-10 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 2 Petrus 3:1-14
  • Teksvers: 2 Petrus 3:9

Preekskets

Wanneer is dit alles verby? Waarom maak die Here nie ʼn einde aan dit alles nie? Hy is mos die Almagtige. Of soos klein kindertjies dit soms vra – dis iets wat in baie volwassenes se gemoedere ook leef - waarom maak die Here die duiwel dan nie dood nie? Hoekom moet God se uitverkore kinders so ly in hierdie wêreld? Het Hy ons dan nie lief nie? Die Almagtige verkeer tog nie in ʼn stryd met die satan nie. Die satan is ‘n blote skepsel! Die duiwel en al sy trawante bestaan bloot maar op grond van die tyd en krag wat God verleen. As dit dan die geval is, as die duiwel heeltemal magteloos teen God is, waarom vernietig God die satan nie in ʼn oogwink nie? Die Bybel antwoord al hierdie vrae vir ons. God wil eers hê dat almal tot bekering moet kom. Vanaand wil ons in die prediking fokus op “die almal” wat tot bekering moet kom.