Die krag van die Woord wat verkondig word

  • Diens: 2015-04-19 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Lukas 24:13-35
  • Teksvers: Lukas 24:32

Preekskets

Ons is steeds besig om in die prediking te kyk na die gebeure na Christus se opstanding en vanaand dan spesifiek na sy verskyning aan die Emmaus-gangers. Christus openbaar Homself eers nie aan hierdie twee nie. Hy wil eers die hele Ou Testament aan hulle verkondig deur dit te verklaar. Dan verklaar Hy die Ou Testament as die boeke wat van Hom getuig. Eers later openbaar Hy Homself aan hulle en dan is hulle reaksie merkwaardig. Hulle praat nie van die openbaring nie, maar van die verkondiging. Het ons harte nie warm geword nie! Hoe luister jy nog na die Woord? Wat doen die Woord aan jou as jy dit hoor? Ja, wat is jou reaksie op die hoor van die Here se Woord? Wanneer ons die Woord hoor is dit steeds Christus self wat met ons praat. Vanaand wil ons in die prediking hierop fokus.