Ek kan nie van God af wegvlug nie

  • Diens: 2015-03-15 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 55:1-24
  • Teksvers: Psalm 55:1-3, 7

Preekskets

Soms voel dit asof alles vir ‘n mens te veel raak en jy van alles en almal wil wegkom. Hierdie Psalm van Dawid is ‘n onderwysing waarin hy onderrig gee. Die Here leer deur Sy Gees hoe ons in beproewings nie moet optree nie, maar ook hoe ons wel moet maak.

Dawid verkeer in groot nood oor die vervolging deur sy vyande wat hom wil doodmaak.(Verse 5,6) Hy bid maar voel verder dat hy self ook ‘n plan moet maak. Tipies menslik, wil hy wegvlug van alles af. (Verse 7-9) Ja, selfs sy vriend het hom in die steek gelaat Wegvlug van alles, af help nie. En waarheen kan jy vlug om van God af weg te kom? Selfs al het jy vlerke soos ‘n duif. Dit sal nie help nie. Hierdie worsteling van Dawid bring hom uiteindelik by God uit. By Hom alleen vind jy rus en vrede onder alle omstandighede.
Wat moet jy doen in jou nood?
Laat jou sorge aan die Here oor.
Hy sal vir jou sorg.
Hy sal jou nooit in die steek laat nie.
In Christus het God se sorg vir ons sy hoogtepunt bereik toe Hy aan die kruis in ons plek gesterf het. Ons kan al ons bekommernisse op Hom gooi. (1 Pet 5:7)

In Christus het God se sorg vir ons sy hoogtepunt bereik toe Hy aan die kruis in ons plek gesterf het. Ons kan al ons bekommernisse op Hom gooi. (1 Pet 5:7)