Christus vervul ons met sy Gees en woord

  • Diens: 2015-03-08 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Efesiërs 4:29-5:20; Kolossense 3:12-17
  • Teksvers: Efesiërs 5:18, 19; Kolossense 3:16

Preekskets

Die twee teksverse is amper woordeliks dieselfde
Behalwe dat Ef. 5:18 lees: Laat die Gees julle vervul en Kol3:16: Laat die
Woord van Christus ryklik in julle woon.
Hier het ons reeds ‘n aanduiding hoedat die Gees en die Woord onafskeidbaar
aan mekaar verbind is.
Dan volg die opdrag dat 3 kategorieë liedere gesing moet word.
Al drie hierdie kategorieë is liedere vanuit die Woord.
In die Psalmbundel is daar trouens baie meer tipes liedere as net psalms.
Die opdrag van Geesvervulling en Woordvervulling word hier verbind aan
liedere.
Waarom? Want hierdie liedere is deur die Heilige Gees geskryf vir daardie bedoeling.
Dink opnuut weer daaraan as jy in die erediens sing.
Doen dit daarom elke dag van jou lewe. Sing die liedere waardeur Christus jou met sy Gees en Woord vervul!