God gee orde deur gesag

  • Diens: 2015-02-15 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 19:1-16
  • Teksvers: Johannes 19:14

Preekskets

Alle gesag kom van God af. Selfs die heidense Pilatus sou geen gesag gehad het as dit nie deur God aan hom gegee is nie. Ons lees dit ook baie duidelik in Romeine 13 dat die owerhede se gesag van God af kom. God is die een wat orde in sy skepping geplaas het deur strukture van gesag daar te stel. Dit alles begin by die vyfde gebod. Die vyfde gebod is soos ‘n brug tussen die twee tafels van die wet. Die eerste tafel handel oor die liefde tot God en die tweede tafel handel oor die liefde tot jou naaste. Die vyfde gebod verbind eintlik hierdie twee tafels aan mekaar want die vyfde gebod maak die oorgang van die eerste na die tweede tafel. Die eer vir God gaan oor in die eer van jou vader en moeder. Die eer en liefde vir God beteken ook eer en liefde vir jou medemens. Wie God eer, eer sy ouers, en eer sy medemens deur God se wet na te kom. So iemand steel nie, moor nie, pleeg nie egbreuk nie ens. Wie die vyfde gebod gehoorsaam sal gesag ook nie misbruik nie, maar sal sy naaste en meer nog, God dien wanneer hy/sy in ‘n gesagsposisie is.