God se genade in die woestyn

  • Diens: 2015-02-15 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Hosea 2:1-16, 19 en 22
  • Teksvers: Hosea 2:2, 13, 14, 19

Preekskets

Was jy al in ‘n woestyn? Gewoonlik is dit onherbergsaam en net uiters geharde plante en diere oorleef daar. ‘n Woestyn word soms in die Bybel gebruik as ‘n beeld van verlatenheid (Jer. 17:6).

God lei Sy geliefde volk die woestyn in. Hoekom? Kyk eers na Hosea se huwelikslewe. Die gebrokenheid van sy huwelik beeld die gebroke verhouding tussen God en Sy volk uit. Die volk word ‘n Gomer, ‘n ontroue vrou genoem. So word die sonde van die volk teenoor die Here beskryf as ‘n gebroke huweliksverhouding.

  • God doen iets daaraan! Hy vat haar/ Sy volk die woestyn in. Weg van haar

minnaars en die verleidinge van die wêreld. So sorg Hy weer.

  • Hy sê mooi dinge vir haar. Hy gee ‘n nuwe toekoms. Nie meer my Baal nie,

maar my man.

Die Here gaan Sy volk aan Hom bind deur Sy onverbreekbare trou, sodat die volk aan Hom toegewy kan wees.

So kom die Here se genade en liefde vir sondaarmense na vore. Met die hoogteput toe die bruidegom, Jesus Christus, vir die bruid, die gemeente, gesterf het tot volkome versoening van al ons ontrouheid. “Nie-My-volk-nie” word “Jy is My volk. En die volk sê : “My God.”