Die pen is magtiger as die swaard

  • Diens: 2015-02-08 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Handelinge 19:11-20
  • Teksvers: Handelinge 19:11, 19

Preekskets

Die geskrewe woord is magtig. Kyk maar na die invloed, positief en negatief,                          van briewe, tydskrifte, koerante, boeke en al die elektroniese geskrifte op jou lewe. Ook op die lewens van die wêreldbevolking. (Dink aan die vreeslike gevolge van pornografie). Tog is daar een Boek, die Woord van God, wat van alle ander geskrifte verskil. Die Bybel, die Heilige Skrif. Die Woord van God is lewend en kragtig. Die Bybel is al boek wat bestaan wat jy sonder enige kritiek kan lees

Paulus verkondig die Woord in Efese. Hy was vir langer as twee jaar daar aan die werk. In Efese was daar ‘n biblioteek met meer as 70 000 perkamente (Boeke). Baie van die boeke het oor verkeerde sake gehandel soos byvoorbeeld toorkuns. ‘n Joodse priesterhoof, Skeva, het sewe seuns gehad wat toorkuns beoefen het. Hulle was duiwelbesweerders wat hulle onregmatig op die “Jesus wat Paulus verkondig”, beroep het.

Daarteenoor verkondig Paulus die lewende Woord wat kragtig is. Die Evangelie van Jesus Christus. Die Woord het vlees geword, ons Verlosser. Die Woord se gesag kom van die Heilige Gees en is volkome en genoegsaam. Die Woord wys ons die pad tot saligheid deur die geloof in Jesus Christus.

As jy jou lewe wil skoon hou, tot God se eer ‘n dankbaarheidslewe wil lei, moet jy jou hou aan die Woord van die Here. (Ps. 119:9.)