Die Here se liefde is heilig

  • Diens: 2015-02-08 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Numeri 16:1-50
  • Teksvers: Numeri 16:42-45

Preekskets

  • Korag was uit die stam van Levi en Datan en Abiram uit die stam van Ruben.
  • Hulle het vir Moses en Aäron verwyt dat hulle magsbehep is.
  • Die Here straf hulle met vuur en ʼn aardbewing – ʼn verkriklike oordeel.
  • Daarna het die volk weer in opstand gekom en God het die volk van ʼn kant af

begin uitwis.

  • Totdat Aäron sy werk as middelaar gedoen het en vir die volk geoffer het.
  • God leer ons dat Hy sy kinders liefhet, maar dat sy liefde heilig is.
  • God se liefde verdra nie ongehoorsaamheid en opstand teen Hom nie.
  • Daardie heilige liefde sien ons die duidelikste aan die kruishout van Gólgota.
  • In Christus eis God steeds dat ons Hom met ʼn heilige ontsag sal aanbid.
  • Dat ons die evangelie sal verkondig as ʼn heilige evangelie.
  • Dat ons moet waak teen eiewillige opstand teen Hom.
  • Dis die krag van die evangelie. Nie net God se liefde nie, maar sy heilige liefde.