Sonder die Woord sterf ‘n gemeente

  • Diens: 2015-02-01 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Openbaring 3:1-6
  • Teksvers: Openbaring 3:3

Preekskets

Is die kerk dood? Sommige mense stel dit as ‘n feit en ander vra dit. Die vraag is hoe bepaal mens of ‘n kerk leef of nie? Watter maatstawwe gebruik jy? Die heel belangrikste is dit wat die Here ons leer oor wat die . kenmerke van ‘n ware kerk is.

Christus dra die sewe Geeste en die sewe sterre.

Hy weet alles wat.elke gemeente doen.

Word wakker en versterk mekaar.

Luister na die Evangelie en leef dit uit.

Bekeer julle.

Deur Christus se werk behaal ons die oorwinning.

In ‘n lewende gemeente staan die Woord, Jesus Christus, in die sentrum.

 

In ‘n lewende gemeente is die lidmate gehoorsaam aan die Woord deur die krag van die Heilige Gees.

In ‘n lewende gemeente is die lidmate gereed vir die wederkoms van Christus.

‘n Lewende gemeente is seker van die oorwinning in Christus. Die heerlikheid wat wag.