Die dag van die Here gryp vooruit na die ewige Sabbat

  • Diens: 2015-01-25 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Johannes 2:3-11
  • Teksvers: 1 Johannes 2:8

Preekskets

Dwarsdeur die eeue het dit vir die kerk saak gemaak hoe hulle die Here se dag moet deurbring. Dit beteken natuurlik nie dat daar altyd eenstemmigheid was nie. Ons sien dit vandag nog dat daar oor sommige gebooie by die kerk meer onenigheid bestaan as ander. Dink bv. maar aan die tweede gebod, oor die afbeelding van God. Die vierde gebod is ‘n gebod waar daar by gelowiges dikwels verwarring bestaan oor hoe ons die Here se dag moet deurbring. Die verwarring word verder in die hand gewerk omdat die Here se dag verskuif het van die sewende dag na die eerste dag van die week. Vanoggend wil ons in die prediking luister na wat die Woord ons leer oor die Here se dag en ons wil ook gaan kyk na ons belydenis van die Here se dag. Ons wil ook in die prediking daarop let waarom die Here se dag dan verskuif het. Is dit reg voor die Here dat die rusdag verskuif het of is dit net ‘n Roomse dwaling? Die uiteindelike vraag is dus nie wat moet ons op die Here se dag doen nie, maar waarom het die Here die dag aan sy kerk gegee? Dan sal ons ook weet wat ons op hierdie dag moet doen