‘n Slapelose nag

  • Diens: 2014-11-02 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jesaja 28:14-21
  • Teksvers: Jesaja 28:16,20

Preekskets

Slapeloosheid is 'n vreeslike ding. Jy rol rond op die bed maar die slaap wil nie kom nie. Jou gedagtes wil nie tot rus kom nie en jy bly dink.

Dit is die prentjie wat die profeet Jesaja in hierdie gedeelte skilder. Die bed is te kort vir jou en die kombers te smal. Hy praat met gelowige mense, die verbondsvolk. Dit was onrustige tye. Orals rondom Israel was die volke aan die woel.

  • Die Assiriërs met hulle magtige weermag, was aan die optrek uit die ooste. Alle teëstand word voor hulle weggevee.

  • Aan die anderkant was daar Egipte. Die sterk mag wat die volk vir jare in slawediens gehou het.

Israel besef die gevaar waarin hulle verkeer en sluit 'n verbond met Egipte. Hulle soek hulle veiligheid teen die een vyand deur hulle vertroue op die ander vyand te stel. Hulle dink: nou is ons veilig. Maar hulle vergeet hulle God en vertrou op mense. Daarom is dit eintlik 'n ooreenkoms met die dood. Die regte antwoord? Vers 16 – 'n hoekklip. Die Hoeksteen, Jesus Christus. Die troos is dat die Here ons verseker dat ons, wanneer ons op Hom vertrou, ons nie hoef te vlug nie. Ware hulp kom net van die Here af (Psalm 3).