Ons moet God se naam reg bely en aanroep met eerbied

  • Diens: 2014-09-28 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Levitikus 24:10-23
  • Teksvers: Levitikus 24:11; HK Sondag 36

Preekskets

Dink maar watter oproer sal dit nie vandag veroorsaak nie as mense wat die naam van die Here ydellik gebruik opgehang sou word nie. Dit sou as onmenslik en barbaars beskou gewees het. Dan is ons mos presies soos die Moslems, sou mense redeneer. Tog is dit wat God vereis het in die Ou Testament.

Ons het almal al die woorde gehoor dat daar nie groot en klein sondes is nie. Dit staan natuurlik nêrens in die Bybel nie. Alle sondes verdien die ewige dood, maar daar is sondes wat vir die Here gruweliker is as ander. Ons lees dit alreeds in die wetboeke. Diefstal en oneerlikheid en moedswilligheid word nie gestraf soos bv. moord, owerspel, bloedskande en homoseksualiteit nie. God plaas iets soos moord en veediefstal beslis nie op dieselfde vlak nie.

Die lastering van sy Naam is egter die mees gruwelike sonde. Die Kategismus gaan so ver om te sê: geen sonde is groter en vertoorn God meer as die lastering van sy Naam nie. Waarom sê die Kategismus so? Anders gevra: waarom bely jy dit? Kan ons dit bely? Laat ons vanuit ons teksgedeelte gaan kyk waarom die lastering van die Here se Naam Hom so verskriklik vertoorn en hoe moet ons sy Naam dan reg bely