Christus se geregtigheid is ons vrymoedigheid

  • Diens: 2014-09-28 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Genesis 3:7-10; Eksodus 33:18-23; Jesaja 61:1-62:5
  • Teksvers: Jesaja 61:10-62:2

Preekskets

In Sondag 23 bely ons hierdie kragtige woorde: dis asof ek nooit sonde gehad of gedoen het nie, asof ek al die gehoorsaamheid gedoen het wat Christus in my plek gedoen het. Het jy al ooit so aan jouself gedink, Geliefde in die Here? Of kla jou gewete jou so aan dat jy skoon verlam is daardeur? Ons bely egter: ek staan voor die aangesig van God met Christus se gehoorsaamheid.

Die belydenis dat Christus ons met sy geregtigheid bedek het ʼn kragtige uitwerking in ons lewe. Dis die instrument wat die Heilige Gees gebruik om ons vrymoedigheid voor die Here te gee. Dit is deur hierdie geregtigheid dat ons gewete bevry word van vrees, skrik en verbystering sê art. 23 van die NGB. Vanaand wil ons in die prediking weer aandag gee aan die betekenis daarvan dat Christus ons geregtigheid voor God is en hoe die Heilige Gees ons deur hierdie belydenis tot vrymoedigheid voor God beweeg.