Die Here voed jou met die liggaam en bloed van Christus

Preekskets

Het jy al 'n krisis beleef? Of is jy nou in 'n krisis? In die krisis het jy gebid en dan lyk dit asof God nie hoor nie of Hy gaan te laat wees om te help.

In hierdie geskiedenis wys die Here ons drie belangrike dinge.

  • Hy laat ons soms wag om ons geloof te toets. Dit lei tot groei in die geloof.
  • Hy laat ons wag sodat ons, ons hoop en vertroue van alle ander dinge en persone sal aftrek. Dit lei tot vertroue op Hom alleen.
  • Hy laat ons wag sodat die heerlikheid van Sy genade soveel groter en heerliker in ons in ons lewens deurbreek en indring. Dit lei tot groter dankbaarheid.

In ons nood moet ons na die Here toe gaan en op Hom te wag en te vertrou. Christus het alle mag in die hemel en op aarde ontvang. Hy het aan die kruis betaal vir ons grootste nood, die sonde. Daarmee het Hy die dood en die sonde oorwin. Hy het ons gered. Hy is ons Verlosser.

Kom vier vanaand weer die fees van ons Verlosser.