Ons mag God op geen ander wyse vereer as wat Hy in sy Woord beveel nie

  • Diens: 2014-08-31 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Eksodus 24:1-18; Eksodus 32:1-14
  • Teksvers: Eksodus 24:10, 11; Eksodus 32:4, 5

Preekskets

Die tweede gebod het alles met openbaring te maak. Die tweede gebod rus op die eerste gebod, maar ons moet hierdie twee gebooie mooi onderskei. In die tweede gebod eis die Here dat ons Hom moet dien soos wat Hy Homself geopenbaar het. Aangesien die Here die enigste ware God is (eerste gebod) kan Hy net reg geken word deur sy openbaring (tweede gebod). Ons kan Hom nie uitdink nie en ons kan Hom nie vir onsself probeer afbeeld nie. Ons mag nie bepaal Wie Hy is nie. Hy openbaar dit vir ons. Wanneer ‘n mens die Here probeer afbeeld dan maak jy ‘n voorstelling van Hom wat noodwendig nie met sy openbaring ooreenkom nie. Dit loop altyd op eiewillige godsdiens uit en die nalaat van die Woord. Op sy beurt loop dit weer uit op afgodery wat die oortreding van die eerste gebod is. Dis presies wat die Roomse kerk gedoen het en dit is wat baie gelowiges vandag steeds doen. Mense wil die Here aanbid soos hulle goeddink. Die Here wil ons egter leer Wie Hy is deur die LEWENDE verkondiging van sy Woord. Vir die wêreld is dit dwaasheid, maar die prediking van die evangelie is die wysheid van God.