Here, ek het niemand nie

Preekskets

Om eensaam en alleen te wees is baie erg. Mens kan jou so iets skaars indink.

Johannes skryf hier van 'n eensame man wat al 38 jaar lank siek is, en niemand het om hom te help om betyds in die genesende water te kom nie. Toe Christus by hom kom en vra of hy gesond wil word, antwoord hy: “Meneer ek het niemand nie...”

  • Dit is ‘n kreet van hulpeloosheid.
  • Hierdie kreet is ‘n aanklag teen sy naaste.
  • Dit is ‘n noodkreet.

Wat doen Christus? Hy verlaat die fees, waarvoor Hy eintlik Jerusalem toe gekom het, en gaan staan by die eensame en siek man. Dit was boonop nog ook op 'n Sabbatdag. Hy verlos hom van sy jarelange siekte en nood. Hy maak hom oombliklik gesond (vers 9). Ons sien Christus red hom uit sy liggaamlike nood. Later getuig hy in die tempel dat dit Christus is wat hom genees het.

Later was Christus self so eensaam dat Hy uitroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Sodat ek en jy nooit meer van God verlaat word en eensaam is nie. Sy Heilige Gees woon in ons.