Bekering is die aflê van die sonde en die bekleding met die nuwe mens

  • Diens: 2014-08-10 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Kolossense 3:1-17
  • Teksvers: Kolossense 3:8-10,12; Klaagliedere 5:21; HK Sondag 33

Preekskets

  • Paulus gebruik die alledaagse beeld van klere uit- en aantrek om daaglikse bekering te beskryf.
  • Bekering begin by die afsterf van die ou mens – die aflê van die sonde.
  • So word ons met die nuwe mens beklee.
  • Werke uit geloof, volgens die wet en tot God se eer.
  • Die HK noem hier drie belangrike gebeure: berou, haat en wegvlug!
  • Ons moet berou hê oor ons sonde, dit hartgrondig haat en daarvan wegvlug.
  • So word ons saam met Christus gekruisig.
  • Bekering is ook die opstanding van die nuwe mens.
  • Die HK noem dit 'n vreugde in God deur Christus en 'n lus en liefde om in goeie werke te lewe.
  • Die vrug van die bekering is: goeie werke. Wat is goeie werke, vra die Heidelberger?
  • So groei ons in ons heiligmaking deur die daaglikse bekering.
  • Hierin lê die bron van die geloiwge se dankbaarheid -- dat die Heilige Gees ons so op die pad van heiligmaking laat loop.