Van optelkind tot Vaderkind

  • Diens: 2014-06-08 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Esegiël 16:1-7
  • Teksvers: Esegiël 16:6,7

Preekskets

Die Here het ons almal uniek gemaak. Tog het alle mense een ding in gemeen en dit is die sonde. Vir gelowiges ook die feit dat daar net een manier is om van jou sonde verlos te word... deur die verlossing in Jesus Christus. Vergewing van ons sonde is die kern van die Evangelie.

Die profeet Esegiël gebruik 'n bekende beeld uit die lewe van elke dag, om God se liefde in Christus vir ons, wat hopeloos verlore is deur die sonde, tuis te bring.

  • 'n Babadogtertjie is baie hulpeloos.
  • Hierdie dogtertjie is pas na geboorte weggegooi. Sy was onwelkom.
  • Die normale versorging na geboorte het sy nie gekry nie (vers 4). Sy is bestem om te sterf.
  • Sy is gebore uit heidense ouers.
  • Niemand gee ag op haar hulpgeroep nie.

Tog hoor God haar gekerm en Hy sien haar in haar bloed spartel. God sê net: "Leef" en sy leef. "Groei" en sy groei. God se Woord is skeppingsmagtig. Gered deur haar eie bloed? Nee, deur die bloed van Jesus Christus (Jes. 1:18). 'n Optelkind word ‘n kind van die Vader.