Wat beteken Christus se hemelvaart vir jou?

  • Diens: 2014-05-25 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Handelinge 1:9-11; Lukas 24:50-53; Efesiërs 1:15-23
  • Teksvers: Handelinge 1:11; Johannes 14:18; HK Sondag 18

Preekskets

Is jy 'n weeskind? Is dit vandag Weessondag?

Christus self het belowe dat Hy nie met Sy hemelvaart Sy kinders as weeskinders agterlaat nie.

Wat beteken Sy hemelvaart vir jou?

  • Hy tree vir jou in by die Vader. Hy is jou Voorspraak.
  • Hy is ons betroubare Waarborg dat Hy ons Hoof ons ook na Hom sal neem.
  • Hy gee Sy Gees om vir ewig in ons te bly.
  • Daarom soek ons die dinge wat daarbo is.

Ons is nie weeskinders nie maar egte kinders. Gekoop met die bloed van Christus. Vol van die Gees en met groot blydskap dien ons die Here, totdat Hy weer op die wolke gaan verskyn om ons te kom haal.