Die gemeenskap met Christus laat ons smag na die nagmaal

  • Diens: 2014-05-11 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Korintiërs 11:17-34
  • Teksvers: 1 Korintiërs 11:27; HK Sondag 28-30

Preekskets

  • Die nagmaalstryd van die Reformasie het gesentreer rondom die aard van Christus se teenwoordigheid by die nagmaal;
  • Die Heidelberger het juis ontstaan n.a.v. die nagmaalstryd tussen die Lutherane en Gereformeerdes;
  • Paulus vermaan die gemeente in Korinte om nie kinders in die verstand te wees nie;
  • By die gemeente in Korinte was daar erge vergrype by die nagmaal;
  • Die gemeente moet weet wat waardig en onwaardig by die nagmaal sou wees;
  • Daarom moet die gemeente die liggaam van Christus onderskei;
  • Christus se teenwoordigheid by die nagmaal is so werklik dat Hy sommige geoordeel het;
  • Daarom vereis die Woord dat ons onsself moet beoordeel;
  • Die egte teenwoordigheid van Christus by die nagmaal deur sy Gees bepaal ons belydenis oor die nagmaal;

Dit troos die berouvolle gelowige dat Christus waarlik in gemeenskap met ons tree aan sy tafel.