Die Here seën jou

  • Diens: 2014-03-09 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Numeri 6:22-27 en 2 Korintiërs 13:11-13
  • Teksvers: Numeri 6:24-26

Preekskets

Die erediens begin en eindig op 'n hoogtepunt. Dit is: begin en eindig met die seën van die Here. Die Here seën ons.

Om die Here se seën te ontvang is elke keer 'n hoogtepunt in ons lewens. Al God se beloftes, Sy genade en liefde vir ons in Christus, word telkens weer met die uitspreek van die seën aan ons toegesê. Dit is 'n goddelike toesegging wat net die Drie-enige God ons kan gee. Net Hy kan ons werklik seën. Die hoogtepunt daarvan het in Jesus Christus sy volle betekenis gekry.

Die priesterlike seën van Numeri 6 het God self aan Aaron en die priesters gegee om die volk mee te seën. Daarom het selfs die vorm waarin die seën in die oorspronklike taal gegee is, besondere betekenis.