“Dit is Ek”

  • Diens: 2014-02-23 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 4:1-30
  • Teksvers: Johannes 4:26

Preekskets

Hierdie deel vertel ons iets besonders oor die liefde van die Here -- 'n liefde wat maak dat Hy aan 'n uitgeworpe vrou Hom openbaar as die Messias -- 'n liefde wat maak dat sy die eerste is wat dit uit Sy mond hoor.

En dit het nie toevallig gebeur nie! God het dit so beskik:

1. Maak kontak

  • Hoe begin 'n mens met 'n vreemde oor geloofsake praat?
  • Hoe begin jy met 'n kennis of kollega met wie jy nog nooit oor so iets gepraat het nie.
  • Ons sien in die gedeelte hoe die Here 'n gemeenskaplike behoefte (dors) gebruik as aanknopingspunt.
  • Maar Hy doen dit op 'n ongewone wyse -- nie konfronterend nie, maar tog iets wat by haar reaksie sal uitlok.
  • So word sy ingetrek in 'n gesprek wat dié verskil in haar lewe moet maak.
  • Die geskiedenis wys vir ons dat mense verlossers soek.

2. Oortuig

  • Bekering stop nie by die erkenning van 'n behoefte nie.
  • Ons moet ook nie dink nie dat bekering afgehandel is as iemand sê hy of sy het 'n behoefte aan verlossing en wil 'n Christen wees.
  • Twee dinge kom die vrou nog kort: Insig in haar eie sonde en ellende; en om Jesus te sien vir Wie Hy regtig is.
  • Dit is wonderlik om te sien hoe die Here hieraan aandag gee.

3. Bely

Hierdie vrou wie se lewe so stukkend was, is beskik om eerste uit die mond van die Here te hoor dat Hy die Messias, die Christus is.

Letterlik sê die Here: "Ek is, wat met jou praat."