Liefde Laat Lewe

  • Diens: 2013-11-10 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Petrus 1:1-25
  • Teksvers: 1 Petrus 1:3,22-23

Preekskets

Van een van die heel grootste stappe wat ons in ons lewe geneem het, onthou ons niks nie -- ons geboorte. Niemand kan lewe sonder om gebore te word nie. Die meeste van ons onthou ook niks van ons tweede geboorte nie. Sonder ons weergeboorte sou die ewige lewe nie vir ons moontlik gewees het nie. Ons weergeboorte is nie net 'n daad van God se liefdevolle ontferming (vs.3) nie. Ons is weergebore sodat ons kan lief hê. Ons weergeboorte is ‘n geboorte uit liefde tot liefde!

  1. Uit liefde gebore
  2. Vir liefde gebore
  3. Tot liefde gebore