God bemoedig ons deur sy beloftes tot heiligmaking

  • Diens: 2013-11-03 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 2 Korintiërs 6:14-7:1
  • Teksvers: 2 Korintiërs 7:1

Preekskets

Die monnike het in die Middeleeue maar net een manier gesien hoedat ʼn mens heilig kan lewe - isolasie. Om heilig te word en om te groei in jou heiligmaking moes jy jouself uit die samelewing verwyder. Vandaar die kloosters reg oor Europa. Daar is vandag ook gelowiges wat hulle heeltemal wil isoleer uit die wêreld. Soms is die teendeel ook waar. Mense redeneer dat jy ongelowiges net kan bereik deur saam met hulle te lewe, om sodoende vertroue te wen. Jy moet jou nie te hoogheilig hou nie. ʼn Mens moet jouself nie te gelowig hou nie. Doen wat hulle doen, maar op ‘n ander manier. Watter een van die twee lewenswyses moet ons nou volg? Hoe moet ʼn gelowige ʼn lig wees in ʼn donker wêreld? Die antwoord op ons vraag van hoe ek heilig moet leef in ʼn onheilige wêreld lê in ons teksgedeelte en veral in 7:1. Daarop wil ons graag in die prediking let.