Ons is aan God verkleef deur sy genade en deur sy magtige dade

  • Diens: 2013-10-27 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 63
  • Teksvers: Psalm 63:9

Preekskets

Het jy 'n ware smagting na die Here? Was jy al so dors dat jou tong aan jou verhemelte vassteek?

Ons word in hierdie psalm getroos. Deur die werk van Jesus Christus is ons aan God verkleef. Die Here is ons lewe! Ons behoort aan Hom met ons hele lewe, ons is aan Hom verbind. Daarom bly ons ook weg van ongelowiges en ons leef tot eer van God. In hierdie lewe weet ons ook dat ons woestynreis tot 'n einde sal kom, ons Here kom weer!