God openbaar Hom duidelik en volkome aan ons deur Sy heilige en Goddelike Woord

  • Diens: 2013-10-27 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jeremia 36:1-8, 14-32
  • Teksvers: Jeremia 36:28,31

Preekskets

Wie of wat is die belangrikste in jou lewe? Vir gelowiges is dit God en Sy Woord. Hervorming hou onder andere juis in dat gelowiges altyd na God se Woord vra en daarheen terugkeer. Die Woord is die rigsnoer, die maatstaf vir ons lewens. Paulus skryf in Rom. 10 dat ons geloof uit die gehoor is en die gehoor deur die Woord van God.

Koning Jojakim  luister na die boekrol wat die Here vir Jeremia beveel het om oor die geskiedenis van die verbondsvolk te skryf. Hy dikteer en Baruk skryf dit neer. Jojakim hoor, maar luister nie. Soos wat daar gelees word, sny hy die bladsye af en gooi dit in die vuur.

  • Jojakim is ’n ongelowige.
  • Hy dink die vuur kan God se Woord vernietig.
  • Hy hoef hom nie aan hierdie snert steur nie.
  • Die boodskap mag nie in sy ryk versprei nie.

God se Woord is lewend, kragtig en onvernietigbaar. Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, Jesus Christus, ons Verlosser. Die Woord alleen, Terug na die Woord.