Ons Hoëpriester bevry ons van die vrees vir die dood

  • Diens: 2013-10-13 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Hebreërs 2:1-18
  • Teksvers: Hebreërs 2:14,15

Preekskets

Om bang te wees, om iets te vrees is een van die slegste ervarings wat 'n mens kan hê. Vrees is nie iets waaroor ‘n mens beheer het nie. Trouens, dikwels leef mense met vrese wat hulle al van hulle kinderdae af saamdra. Vrees is iets wat jy nie net kan beheer nie, dit oorval ‘n mens sommer onverwags. Om bang te wees kan 'n mens insluk. Dit beheers al jou gedrag. Dit lê jou lam. Hoeveel dinge is mense nie voor bang nie. Die toekoms, die onbekende, wat mense van my sê, eksamens, ongelukke, misdaad en noem maar op. Die mensdom is slawe van vrees. Die grootste vrees is dikwels die vrees vir die dood. Selfs gelowiges is soms bang om te sterf. Waar kom hierdie vrees vandaan en wat staan ‘n gelowige te doen? Die belangrikste vraag: Wat is die Here se wil vir sy kinders wanneer hulle met vrees gekonfronteer word en waarom wil God ons bevry van vrees? Hieroor gaan ons Hebreërs 2 van naderby bekyk.