Die Heilige Gees beseël die beloftes van die evangelie deur die sakramente

  • Diens: 2013-10-06 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Romeine 10:8-17 en Rigters 6:33-40
  • Teksvers: Romeine 10:17

Preekskets

Die Kategismus vra nou: waar kom so ‘n geloof vandaan? Dis die geloof waardeur ons geregverdig word volgens Sondag 23. Die Heilige Gees werk dit in ons harte. Geloof is nie iets wat ek self werk of voor werk of voor vra nie. Dit word slegs deur die Heilige Gees gewerk. Ef. 2:8 sê dat geloof ‘n gawe van God is. Ons weet dat geloof ook uit vertroue bestaan. Dat ek vertrou dat Christus nie net aan andere nie, maar ook aan my die ewige saligheid geskenk het. Sondag 7 van die Kategismus. Dis die vertroue, dat die evangelie nie net vir ander waar is nie maar ook vir my. Die sakramente is die Heilige Gees wat aan gelowiges beseël dat die belofte van die ewige lewe nie net vir ander geld nie maar ook vir my. Die ongelowige kan ook gedoop word en ook nagmaal gebruik, maar aan hulle word niks beseël nie. Hulle doen dit bloot uit gewoonte. Die gelowige wat smag na die sakramente, se geloof word versterk, se vertroue word opnuut versterk. Deur die Skrif word ons kennis van God en sy beloftes vermeerder en bevestig. Deur die sakramente word ons vertroue dat God se beloftes ook vir my waar is versterk.