God is liefde! Bly in dié liefde!

  • Diens: 2013-10-06 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Johannes 4:1, 4:7-5:1
  • Teksvers: 1 Johannes 4:16

Preekskets

God wil hê dat liefde ‘n inhirente deel van ons lewens moet wees. Dit is regtig belangrik dat ons sal verstaan en ervaar wat liefde is.

  1. “Ons ken die liefde wat God vir ons het”
    • Liefde is dié een saak waarop ‘n mens se verhouding met God rus.
    • Omdat dit van God af uitgaan,  het selfs die kleinste kind nie ‘n agterstand as dit by ‘n verhouding met God kom nie.
    • God se liefde vir ons is nie iets waarvoor ons moes gewerk het nie.
    • Opregte liefde,  die diepe omgee wat ons het, kom van God af.
    • Almal  ken en glo nie die opregte liefde wat God vir ons het nie.
    • Baie wat sê dat hulle glo, verstaan nie waarvan 1 Joh. 4:16 praat nie.
    • Die twee dinge wat mense verhinder om regtig God se die liefde te ken is dwalinge en verkeerdhede (2 Timoteus 3:16)
  2. Dwalinge te bestry:
    • Kultes leer hulle lede dat God se liefde vir jou voorwaardelik is.
    • Islam glo ook dat God se liefde voorwaardelik is.
    • Koran – Hfst.3:30 - "As julle Allah liefhet, volg my; Allah sal julle dan liefhê en julle sondes vergewe."
    • Moslems moet Allah lief hê om so sy liefde en vergifnis te verwerk.
    • Nêrens in die Koran is daar van ‘n selfopofferende liefde sprake nie.
    • Dus: Moslems “ken die liefde wat God vir ons het” (1 Joh. 4:16) nie.
    • Hierteenoor weet ons dat God se volmaakte liefde onvoorwaardelik is
  3. Verkeerdhede reg te stel:
    • ‘n Verkeerde siening van God verhinder gelowiges om die liefde van God te ken. Dit moet reggestel word.
    • God beeld Sy verhouding met ons uit as Vader en kind (1Joh.5:1).
    • ‘n Swak verhouding tussen pa (en ma)  en kind benadeel die beeld.
    • Dit moet reggestel word deur te vergewe soos God vergewe.
    • Deur ‘n biddende lees van God se Woord bring die Gees ons hierby uit & leer ons God se liefde ken en met liefde vir Hom en ander lewe.
    • As ons God se liefde ken en daarin glo val dinge in ons lewe in plek!
    • Want dan bly ons in Hom en Hy in ons  -  1 Johannes 4:16.