Verootmoediging begin by totale oorgawe

  • Diens: 2013-09-15 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Klaagliedere 5:1-22; Levitikus 16:20-31
  • Teksvers: Klaagliedere 5:21

Preekskets

Ons hoor die woord verootmoediging baie in die kerk. Wat beteken die woord verootmoediging in elke geval? Verootmoediging is ‘n woord waarin 'n gelowige sy totale afhanklikheid van God erken as gevolg van sy sonde. Verootmoediging is dus iets anders as nederigheid. Dit sluit natuurlik nederigheid in, maar dit fokus op sondebesef en 'n afhanklikheidsbesef. Daarvoor het 'n mens baie meer as net 'n dag nodig – dit moet ‘n lewenswyse wees. Tog, is dit ook nodig om op 'n dag die gelowiges weer op te roep tot 'n lewe van verootmoediging. Verootmoediging is die manier waarop die Here die kerk gesond maak. Dis die manier waarop Hy die kerk weer in gemeenskap met Hom laat lewe. Wanneer ons na Klaagliedere 5 kyk dan leer die Here ons dat verootmoediging begin by volkome oorgawe aan Hom. Dit begin by hierdie gebed: Bekeer ons tot u Here, dan sal ons ons bekeer! Hierop wil ons vanaand in die prediking fokus.