Ware geloof dwing my tot ‘n nuwe dankbaarheidslewe

  • Diens: 2013-08-25 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Romeine 12:1-8
  • Teksvers: Romeine 12:1

Preekskets

'n Geskenk wat jy ontvang lei tot dankbaarheid. Hoe groter die geskenk, hoe groter die dankbaarheid. Dankbaarheid bly nie net binne 'n mens nie maar kom na vore in mens se lewe. God het ons die grootste geskenk, wat daar moontlik is, gegee toe Hy sy Seun na die wêreld gestuur het om vir ons te sterf. (Vers 1- “die groot ontferming van God”)

Nou doen Paulus 'n beroep op die gelowiges. Eintlik is dit 'n bevel.

  • Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.
  • Moenie in die skema van die wêreld inskuif nie.
  • Laat julle deur God verander deur julle denke te verander. (Denke bepaal dade.) Metamorfose.
  • Leef as ledemate van een liggaam waarvan Christus die Hoof is. Gebruik die genadegawes wat die Here jou gegee het in Sy liggaam. Profesie, dien, onderrig, bemoedig, gee, leiding gee en help/hulp.

Onthou: ons het deel aan Christus se salwing, sodat ons Sy Naam orals en altyd kan bely, en onsself as lewende dankoffers aan Hom kan toewy.