Ons word geregverdig voor God deur die geloof in Christus

  • Diens: 2013-08-18 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Romeine 3:19-31; 8:31-34
  • Teksvers: Romeine 3:24

Preekskets

Twee van die wekroepe van die reformasie was gewees: Sola fide. Geloof alleen. En Solo Christo. Christus alleen. God stel ons weer in die regte verhouding met Hom alleen langs die weg van die geloof in Jesus Christus. Ons word verlos van ons sondes deur die geloof in Christus en op geen ander wyse nie. Miskien sou jy vanaand sê: Maar dis voor die hand liggend. Ons ken hierdie wekroepe, ons weet dis Christus en geloof alleen. Ons weet dan dat ons nie verlos word deur ons goeie werke nie. Besef ons egter die implikasies van hierdie belydenis, deur die geloof in Christus alleen? Sondag 23 is een van die mooiste samevattings van wat dit beteken om te bely: alleen deur die geloof in Jesus Christus. Daarna wil ons vanaand in die prediking kyk.