Ons sterwe is ‘n verlossing van die gebrokenheid om ewig saam met God te wees

  • Diens: 2013-08-04 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Filippense 3:17 – 4:9
  • Teksvers: Filippense 3:20,21

Preekskets

Die apostel maak dit baie duidelik dat daar 'n groot verskil is tussen die wat as vyande van die kruis wandel en die wat vrygekoop is deur Christus. Hulle einde is die verderf, hulle bedink aardse dinge. Die burgers van die hemelryk leef egter met groot entoesiasme, want hulle het hoop. Ons leef met al ons krag en mag want ons verwag Christus. Christus gaan ons vernederde liggame verander (metamorfose) om gelyk te wees aan sy verheerlikte liggaam. Dis die belydenis van die opstanding van die liggaam. Hemelse burgers mag hulle liggame dus nooit minag nie. Hulle mag nooit lui of ondankbaar wees nie. Hemelse burgers hou ook nie op leef in die wêreld nie. Die belydenis van die ewige lewe en die opstanding van die liggaam maak ons nie werkelose voortvlugtendes nie. Dit troos ons om met ons liggame en vol verwagting ons roeping te volvoer!