Die regverdiges sal glinster soos die sterre

  • Diens: 2013-07-21 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Daniël 12:1-13
  • Teksvers: Daniël 12:2,3

Preekskets

  • Daniël 12 troos ons dat Christus sy kerk in haar donkerste uur sal bewaar.
  • In die laaste dae sal daar ‘n ontsaglike stryd wees tussen die magte van lig en duisternis.
  • Daar sal egter redding wees vir diegene wie se name in die lewensboek staan.
  • Die dooies sal dan opgewek word in twee groepe.
  • In daardie toestand sal hulle met liggaam en siel vir ewig verkeer.
  • Die wat tot die ewige lewe opgewek word sal skitter soos die sterre.
  • Hulle is die regverdiges, die wat geen skuld het nie.
  • Waarom moet ons dit weet? Dit bepaal ons lewens nou reeds.
  • Christus het die oorwinning klaar behaal, daarom moet ons as oorwinnaars lewe.
  • Ons is immers oorwinnaars! Hoe lyk ‘n oorwinnaar se lewe?