Moenie agterbly nie

  • Diens: 2013-06-02 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Hebreërs 3:12-4:9
  • Teksvers: Hebreërs 3:12,19 en 4:1,3

Preekskets

Moenie die bus verpas nie, want dan bly jy agter. Ons lees hier van agterbly, om in die geloof nie saam op die lewenspad te wees nie. Wanneer ’n mens in die geloof agterbly, het dit vreeslike gevolge. Ons weet ook dat daar op die lewenspad, ons lewensreis  baie gevare is, maar ook voorregte.

  • Voorregte op ons lewenspad. Die voorreg van “ons”, die gemeenskap van die gelowiges. Kinders van God.
  • Gevare op ons lewenspad. Die gevaar van agterbly. Van ongeloof. Van ongehoorsaamheid aan God.

Ons het die blye boodskap/evangelie van Jesus Christus ontvang. Die belofte om in Sy rus in te gaan. Glo en leef in gehoorsaamheid aan Hom en jy sal nie agterbly in die geloof nie. Die Here se Gees werk in jou die krag om dit te kan doen.