Die Heilige Gees herinner ons dat God ons sonde nie wil onthou nie

  • Diens: 2013-05-19 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Hebreërs 9:11-10:18
  • Teksvers: Hebreërs 10:3,17

Preekskets

Dwarsdeur die Bybel word God se kinders opgeroep om nie te vergeet nie. Om die groot en heerlike dade van die Here te onthou. Die Heilige Gees help ons om te onthou deur ons te herinner. Hy doen dit deur die Woord en die sakramente. Ons gewete herinner ons egter ook aan ons sonde. Die offers van die Ou Testament het die gelowiges voortdurend herinner aan hulle sonde. Met die koms van Christus is een offer finaal gebring. ‘n Offer waaraan die Heilige Gees ons aanhoudend herinner, veral aan die nagmaalstafel. ‘n Offer waardeur ons gewetens gereinig is sodat die herinnering van ons sondes verdwyn. Nog wonderliker: die Gees herinner ons aan die tafel dat God ons sonde nie wil onthou nie. Hierdie belofte van die evangelie word aan ons beseël met nagmaal. Wie daaraan herinner word se gewete word beseël teen Satan se aanslae en kan met ‘n rein gewete teen die sonde stry en oorwin.